Animasie

Konstabel Vermeulen

Die polisieman van legende, Konstabel Vermeulen, hy sal sterf vir bier… hy maak sy eerste verskyning in die musiek van Alex Omega en het ‘n kultus figuur geword onder díe wat geloof in die reg verloor het …

Bal-Oog Belistiek

Punk Animasie geskep in 2001. Bal-Oog Vrywaring – vreemde dinge mag gebeur as jy begin druk op die play knoppe.

Bal-Oog Belistiek en Brommel Bos, twee vriende wat teen die einde van die twintigste eeu in die Kaap grootgeword het, vat die pad op ‘n surreale road trip, wanneer ‘n mitiese wese uit ‘n selfoon verskyn en hulle deur ‘n hula-hoop spring raak dinge vreemd. Daar is allerhande karakters op hul spoor, Konstabel Vermeulen, Dr. Telkom, Ben van Staden en die brein van William Burroughs is ook betrokke by hul lot, tog het hul missie net begin …

Bal-Oog Song deur Alex Omega

Episode 1: Moeg van T-Shirts dra!

“Ek’t genoeg gehad van T-Shirts dra, ons kort costumes!” Bal-Oog Belistiek

Dr Telkom en Swart Jesus is op Ripper se spoor … Bal-Oog en Brommel hang uit in hulle flat …

Episode 2: Ben van Staden en Die Saak

“Ek vat altyd vier gode saam bed toe.” Ben van Staden

Medea verkyn uit ‘n selfoon … Ben van Staden verkyn op die toneel en is op die spoor van Bal-Oog en Brommel.

Episode 3: Die Dwerg en die Hula Hoop

“Ons is seker nou te laat of wat?” Medea

Bal-Oog en Brommel sit en aanskou ‘n vreemde chase scene: Swart Jesus, Blokkiesraaiselman en Konstabel Vermeulen almal op die spoor van Ripper. Nes dit lyk of Bal-Oog en Brommel die plot verloor verkyn die director en help die storie aan …

Episode 4: Konstabel Vermeulen en die Visioen van die Groen Spook

“Al wat waarde dra is om te beweeg.” Bal-Oog Belisitek

Bal-Oog, Brommel en Medea duik deur ‘n hula hoop en land op ‘n Haley Davidson … hulle raak deel van die chase scene, maar Ripper gooi ‘n groen rookbom en verdwyn in die gaos. Konstabel Vermeulen kon sweer hy sien ‘n groen spook … en word betrek by ‘n saak van polisie brutaliteit.

Episode 5: Die Dood van die Paashaas

“Hoe was werk?” “Ag … maar dieselfde.” Twee ouens op trein

Konstabel Vermeulen word beetgepak deur twee lummels … Ripper verdwyn in sy geheime bunker en maak kontak met die Paashaas …